Rafael Nadal
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Rafael Nadal (gebore 3 Junie 1986 in Manacor, Mallorca) is 'n Spaanse professionele tennisspeler. Hy beklee tans die wêreld se nommer twee posisie (vir 156 aaneenlopende weke [1]); is 'n vier-keer Franse Ope enkels-kampioen (2005, 2006, 2007 en 2008); en twee keer naas wenner by Wimbledon (2006 en 2007).

